Olimpiese Somerspele 1992

Spele van die XXVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1992

Gehou in Barcelona, Spanje
Deelnemende lande 169 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 9 356 (6 652 mans, 2 704 vroue)[1]
Items 257 in 25 sporte[2]
Openingseremonie 25 Julie 1992
Sluitingseremonie 9 Augustus 1992
Amptelik geopen deur Koning Juan Carlos I[3]
Atlete-eed Luis Doreste Blanco (sokker)
Beampte-eed Eugeni Asencio (waterpolo)
Olimpiese vlam Antonio Rebollo (paralimpiese boogskut)
Vorige Spele 1988: Seoel (Suid-Korea)
Volgende Spele 1996: Atlanta (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 1992 (Spaans: Juegos Olímpicos de Verano de 1992; Katalaans: Jocs Olímpics d'estiu de 1992), amptelik bekend as die Spele van die XXVste Olimpiade, is tussen 25 Julie en 9 Augustus 1992 in Barcelona, Katalonië, Spanje, aangebied. Die Internasionale Olimpiese Komitee het besluit om die somer en winterspele, wat sedert 1924 in dieselfde jaar gehou is, te skei en in afwisselende ewe jare te plaas vanaf 1994. Die Somerspele van 1992 was dus die laaste keer in dieselfde jaar as die Winterspele gehou.[4]

Die Olimpiese Stadion in Barcelona

As gevolg van die einde van die Koue Oorlog was hierdie spele die eerste keer sonder boikotte sedert 1972.[5] In werklikheid was die Olimpiese Spele die finale sukses van die voormalige Sowjetunie en die grootste van die "Olimpiese vlag" (Nasies van die voormalige USSR het as 'n verenigde span meegeding en het as wenners geseëvier op die algehele ranglys).[6] Daarbenewens het die Baltiese lande Estland, Letland en Litaue vir die eerste keer sedert die Olimpiese Somerspele 1936 eie spanne gestuur. Duitsland het as gevolg van die Duitse hereniging met 'n verenigde span meegeding. Joego-Slawië is weens die Balkanoorloë van die Spele uitgesluit.

Veiligheid was vir die organiseerders 'n top prioriteit. Daar is gevrees vir 'n aanslag van die ETA en vir betogings van Katalaanse onafhanklikheidsstryders, maar daar is geen probleme tydens die Spele ondervind nie. As voorbereiding vir die Spele is groot dele van Barcelona opgeknap, die middestad met die hawe verbind en die infrastruktuur aansienlik verbeter.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Barcelona plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Spanje die laaste, maar aangesien die plaaslike tale Katalaans en Spaans is, is dié tale se alfabette gebruik om die volgorde te bepaal. Jan Tau, langafstandatleet, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Die Olimpiese Winterspele 1992 is in Albertville, Frankryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1992 is tussen 3 en 14 September in Barcelona gehou, terwyl die Paralimpiese Spele vir geestelik gestremdes tussen 15 en 22 September in Madrid gehou is.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 6 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 6 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 6 Maart 2018.
  4. (en) "Albertville 1992". www.olympic.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 6 Maart 2018.
  5. (en) "Barcelona 1992". Olympic.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 6 Maart 2018.
  6. (en) "1992 Summer Olympics". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2017. Besoek op 23 Augustus 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search